Dis ’n moeilike taak vir buitelanders om Sjinees te leer. Maar om die mooi, soms komplekse karakters van geskrewe Sjinees te leer lees kan makliker wees. ShaoLan werk deur ’n eenvoudige les om die idees agter die karakters en hul betekenisse te erken -- om van ’n paar eenvoudige vorms tot komplekser konsepte op te bou. Noem dit Chinamaklik.
