Kevin Surace stel voor dat ons basiese konstruksiemateriale -- soos die bekende pleisterbord -- heroorweeg, sodat ons die reuse koolstof-voetspoor wat deur die vervaardiging en konstruksie van ons geboue gegenereer word, kan verklein. Hy stel EcoRock bekend: ’n skoon, herwinbare en energie-doeltreffende pleisterbord, geskep deur sy span by Serious Materials.

