Wat was die grootste uitvinding van die Industriële Rewolusie? Hans Rosling beweer dis die wasmasjien. Met nuwe Gapminder grafieke wys Rosling vir ons die towerkrag wat verskyn wanneer ekonomiese groei en elektrisiteit ’n vervelige wasdag in ’n intellektuele leesdag verander.
